Eensgesind Klankleers offentlig
[search 0]
Mer
Download the App!
show episodes
 
Artwork

1
Eensgesind Klanklêers

Eensgesind Klanklêers

Unsubscribe
Unsubscribe
Månedlig
 
Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd k ...
  continue reading
 
Loading …
show series
 
REDE UIT DIE VERLEDE Net om die woorde “Hensoppers” en “Joiners” met betrekking tot die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) te hoor, maak baie mense warm onder die kraag. Net die gedagte dat ʼn medeburger die wapen opgeneem het om sy eie mense te dreig en in ʼn oorlog dood te skiet, is bykans ondenkbaar. Maar selfs die verraaiers in ons midde het hul eie u…
  continue reading
 
VSA/RSA Op 30 April 1789 word George Washington die eerste president van die Verenigde State van Amerika. Sedert sy presidensie het 44 verkose Amerikaanse burgers hom opgevolg. Elkeen was uniek en party kontroversieel. Binnekort moet die Amerikaners weer stem ten gunste van 'n tweede termyn vir die 45ste Amerikaanse president, of om nommer 46 kans …
  continue reading
 
DOSSIER Op 2 Junie 1989 word Sandra Smith na die galg gelei. Met die voltrekking van haar vonnis word sy die laaste vrou wat in Suid-Afrika die doodstraf gekry het. Op dieselfde dag is Yassiem Harris ook gehang omdat hy in 1986 ʼn wrede moord saam met Smith gepleeg het. Sandra Smith was ʼn getroude vrou en ʼn ma van twee toe sy en Yassiem Harris mekaa…
  continue reading
 
DOSSIER Van 1983 tot 1987 het Zola Mahobe, bekend as Mr Cool, ʼn koninklike lewe gelei. Eens die eienaar van die bekende Suid-Afrikaanse sokkerspan, Mamelodi Sundowns, was dit hierdie seun van Soweto se droom om meer as net die NSL-trofee te wen. Met sy maatskappy, Power Promotions, was hy in die posisie om in die 1980's met die elite van Suid-Afrik…
  continue reading
 
VSA/RSA: Deel 6 Dit is September 1899 en die Amerikaners in Transvaal moet planne maak om uit die land te kom. Oorlog blyk onafwendbaar te wees en die Amerikaanse konsuls in Pretoria en Kaapstad moet hul burgers help om uit Transvaal te kom. Hierdie episode handel juis oor die redes waarom sekere Amerikaners in Transvaal besluit het om liewers pad …
  continue reading
 
VSA/RSA 'n Paar maande voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 was die verhouding tussen die ZAR en VSA nie op 'n baie goeie voet nie. Alhoewel die OVS vir ʼn geruime tyd diplomatieke verteenwoordiging in die VSA gehad het, het die ZAR die fout begaan om nie ʼn konsul in die VSA aan te stel nie. Dit lyk asof die Transvaalse leeu en die Am…
  continue reading
 
DEEL 4 Dit is 1898 en die spanning in Transvaal word elke dag erger. Sommige Amerikaanse burgers in Transvaal, waarvan die meeste in die mynbedryf werksaam is, het anti-Paul Krugeroortuigings en is lus vir ʼn bakleiery saam met die ander “Uitlanders”. Ander is pro-Boer en werk saam met die Amerikaanse konsulaat in Pretoria om vir president Kruger ʼn …
  continue reading
 
Indien die Verenigde State van Amerika so magtig en pro-Boer was, waarom het die VSA nie die twee Boererepublieke in 1899 kom help nie? Dit is ʼn billike vraag en een wat kortliks in hierdie episode bespreek word. Dit is waar dat Anglofobie in Amerikanergeledere gedurende die eerste 50 jaar van die 19de eeu geheers het. Hoe anders as 'n mens die Ame…
  continue reading
 
VSA/RSA In hierdie episode van VSA/RSA word die rol van Amerikaners in die Jameson-inval van 1895-1896 kortliks bespreek. U sal ook hoor wat Amerikaners in die algemeen van die Boererepublieke gedink het. Name van vooraanstaande Amerikaners (in Transvaal en in die VSA) soos John Hays Hammond, Richard Olney en Theodore Roosevelt word in die bespreki…
  continue reading
 
VSA/RSA Die Verenigde State van Amerika (VSA) en Suid-Afrika stap al ʼn lank pad saam. Dit is 'n geskiedenis wat oor eeue strek en ʼn diplomatieke verhouding wat nie altyd ewe vriendelik was nie. Wanneer ‘n mens veral die middel tot laat 19de eeu in oënskou neem, is daar oorgenoeg interaksie tussen die twee lande om belangstelling in die diplomatieke…
  continue reading
 
Hoe klink die liedjie nou weer? “Dis nie my spook nie, dis nie jou spook nie, dis ʼn ander man se spook wat julle oor stry!” Spoke is inderwaarheid nie volksvreemd nie. Spookgelowe is ook nie ʼn Europese invoerproduk nie. Natuurlik het ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe opvattings oor wesens wat in die nag rondsweef en reisigers in die donker kan laa…
  continue reading
 
HELDE Onderkaptein, militêre aanvoerder, bendeleier, diplomaat, bloedvergieter - dis hoe Jan Jonker Afrikaner (1798-1861) beskryf word. In Windhoek en later Okahandja, was Afrikaner beslis die sterkste militêre en politieke magsfiguur in Namibië tussen die 1840's en1850's, net voordat die Duitse Ryk die streek gekoloniseer het. Daar is nogtans spra…
  continue reading
 
'n Rede uit die Verlede-episode Historici wat fokus op gender-geskiedenis argumenteer dat die rol van vroue in historiese konteks te lank deur navorsers geïgnoreer was. 'n Mens kan daarmee saamstem wanneer die biografie van Johanna Brandt bestudeer word. Anna le Grange, 'n Meestersgraadstudent aan die Noordwes-Universiteit, het so pas haar navorsin…
  continue reading
 
DIE SIRKUSBOER Generaal Piet Cronjé word nie so hoog geag soos ander Anglo-Boereoorloggeneraals (1899-1902) nie. Sy oorgawe by Paardeberg op 27 Februarie 1900 kan waarskynlik die rede wees. Sekerlik is daar veel meer wat ʼn mens oor generaal Cronjé kan sê? In hierdie episode word die lewe van Piet Cronjé onder die vergrootglas geplaas. Sy aandeel aa…
  continue reading
 
Padlangs Noordwes Wat het gebeur? Op 11 Oktober 1899, presies om vyfuur die middag, het die ultimatum van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) aan die Britse Ryk verstryk. Die Britse Ryk het die stipulasies van die ultimatum geignoreer en daardeur geimpliseer dat hulle bereid was om oorlog teen die ZAR te voer. Agt dae voor die verstryking van die…
  continue reading
 
HELDE Net anderkant Wakkerstroom is generaal Piet Joubert (1831-1900) se mausoleum. Dit is geleë op die plaas Rustfontein wat eens aan Joubert behoort het. In die tweede helfte van die 19de eeu was generaal Joubert ‘n bekende politieke figuur en ook ‘n beroemde veldheer. Maar soos Romulus en Remus wat in stryd met mekaar was, was Joubert en staatsp…
  continue reading
 
'n Padlangs Noordwes-artikel Wat het gebeur? Maak enige geskiedenisboek oor die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) oop en 'n mens lees sommer gou oor die drie beleerde Britse dorpe, nl. Kimberley, Mafeking en Ladysmith. Jy sal gelukkig wees om te lees van die minder bekende beleg van Elandsrivier wat plaasgevind het waar die dorpie van Swartruggens tans…
  continue reading
 
'n Rede uit die verlede-artikel Gedurende 2017 het die televisieprogram Carte Blanche ondersoek ingestel na die stand van sake in Johannesburg se museums. Die lae gehalte van die uitstallings en die onkundigheid van veral die departemente verantwoordelik vir die stad se museums, was skokkend – om die minste te sê. ‘n Mens kan dan seker die vraag vr…
  continue reading
 
'n Rede uit die verlede-episode Die afgelope drie jaar het verskillende Suid-Afrikaanse monumente die teiken geword van aktiviste wat hulle ontevredenheid wou aandui. As gevolg van hulle persoonlike frustrasies (polities, ekonomies, sosiaal of 'n kombinasie van die verskillende bronne) is monumente verwoes, verniel of verwyder. Dit laat 'n mens din…
  continue reading
 
'n Padlangs Noordwes Episode Wat het gebeur? Geheime organisasies bestaan al etlike jare in Suid-Afrika. Hierdie organisasies ontmoet gedurende spesifieke geleenthede wat gewoonlik in die geheim gehou word deur lede wat nie hul verbintenis met so 'n organisasie vrylik bekend wil maak nie. Daar is wel verskillende kategorieë waarin sulke eksklusiewe…
  continue reading
 
'n Padlangs Noordwes Episode Wat het gebeur? Die eerste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR, ook bekend as Transvaal) was ʼn man met die naam Marthinus Wessel (MW) Pretorius. Hy was die seun van generaal Andries Pretorius wat bekendheid verwerf het by die Slag van Bloedrivier (16 Desember 1838), hoewel hy ook slaags geraak het met die…
  continue reading
 
'n Padlangs Noordwes-artikel Wat het gebeur? Die dorpie Zeerust (oorspronklik bekend as Coetzeerust) was eens die laaste dorpie in die noordweste van die ou ZAR (Zuid-Afrikaansche Republiek of Transvaal) voordat 'n mens die Britse protektoraat van Betsjoeanaland (Botswana) sou bereik het. In 1867 is die dorp gestig as gevolg van die handelinge van …
  continue reading
 
'n Padlangs Noordwes Episode Wat het gebeur? Die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) geniet nog nie dieselfde vlak van belangstelling as die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 nie. Met die eeufeesvieringe van die eersgenoemde oorlog amper verby, is dit dalk nodig dat die gewone burger kennis neem van Suid-Afrika se belangrike rol in die eerste "totale oor…
  continue reading
 
HELDE Bethulie, Jamestown en die dorpie Wepener het iets gemeen. Elkeen het ʼn monument ter ere van Louw Wepener. Wepener het op 15 Augustus 1865 by Thaba Bosiu (geleë in vandag se Lesotho) gesterf toe die Oranje-Vrystaat en die Basotho-koninkryk van koning Moshweshwe I in 'n oorlog gewikkel was. In Afrikanergeledere word Wepener as ʼn held beskou en…
  continue reading
 
HELDE Gedurende die 1930's besoek sir Alan Cobham se Flying Circus Suid-Afrika. ʼn Jong tienerseun, Bob Rogers, kry die geleentheid om in een van Cobham se vliegtuie sy eerste vlug te beleef. Die jong seun wou eintlik ʼn mediese dokter word, maar die Tweede Wêreldoorlog het daardie droom van hom verander. Die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) en die Ko…
  continue reading
 
HELDE Generaal-majoor Evered Poole het die Slag van El Alamein beleef. Hy was ook teenwoordig by Monte Cassino. Hy was soos Suid-Afrika se eie Montgomery. Dit is vreemd dat sy storie nie alombekend is nie. Gebore net na die Anglo-Boereoorlog in 1902 in die distrik Overberg, was Poole deel van ʼn militêre familie. Hy het in sy vader se voetspore gevo…
  continue reading
 
EGGENOTES Die Pretoria News skryf op 13 Augustus 1982 die volgende oor Suid-Afrika se premiersvrou, Elize Botha: “The day [13 Augustus 1982] PW’s wife had the Golden Circle slickers bedazzled. It is not often that the elegant rich of Annabel’s 100 Club leap to their Gucci clad feet for a speaker, but an hour long speech heavily laced with early hum…
  continue reading
 
EGGENOTES Susan Strijdom, née De Klerk, was reeds deel van ‘n “politieke familie” voordat sy met advokaat JG (Hans) Strijdom getroud is. Susan was Hans se tweede vrou, en hulle was gelukkig getroud. Susan was die suster van oudsenator Jan de Klerk en dus die tante van oudpresident F.W. de Klerk. Terwyl De Klerk nog ‘n student by die Potchefstroomse…
  continue reading
 
EGGENOTES Margo Diederichs (née Potgieter) was die derde staatspresidentsvrou van die Republiek van Suid-Afrika. As dr. Nico Diederichs se eggenote was sy bekend vir haar elegansie, maar ook vir haar fier en trotse houding. Barbara Barnard het die belese mevrou Diederichs soos volg beskryf: “She was a very elegant looking woman, rather shy that mad…
  continue reading
 
EGGENOTES Letta Rhoda “Lettie” Fouché (née McDonald) het Nellie Swart as staatspresidentsvrou opgevolg. Sy was die eggenoot van staatspresident Jim Fouché, wat na dr. Dönges se dood staatspresident geword het. Sy is in 1993 soos volg beskryf: ‘n Boervrou wat bekend was vir haar sang, die LV- vrou wat kniediep in die politiek en samelewing gestaan h…
  continue reading
 
EGGENOTES Cornelia Wilhelmina "Nellie" Swart (née De Klerk) was die vrou van staatspresident C.R. Swart. Net soos hy was sy 'n Vrystater en saam met hom het sy die politieke gebeurtenisse van die vroeë 20ste eeu beleef. As staatspresidentsvrou was daar sekere verantwoordelikhede wat sy moes nakom. Volgens die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (U…
  continue reading
 
HOEKFIGURE Eensgesind se reeks Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument uitgebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Piet Retief (1780-1838). Retief word onthou as ʼn martelaar wat op 6 Februarie 1838 by KwaMatiwane (Moordkoppie) deur die Zulumagte van koning Di…
  continue reading
 
HOEKFIGURE Eensgesind se reeks Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument versinnebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Andries Pretorius (1798-1852). Pretorius word beskou as die held van die Slag van Bloedrivier (16 Desember 1838), die heldhaftige generaal wa…
  continue reading
 
HOEKFIGURE Eensgesind se reeks genaamd Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument uitgebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Andries Hendrik Potgieter (1792-1852). Potgieter word beskou as die held van die Slag van Vegkop (16 Oktober 1836), die bevelvoerder van…
  continue reading
 
HOEKFIGURE Die Voortrekkermonument (VTM) vier hierdie maand die 70ste herdenking van die monument se inwyding in 1949. Die VTM is sekerlik een van die interessantste monumente ter wêreld, met ʼn kenmerkende fasade en die langste fries in die wêreld. ʼn Besoek aan die VTM is altyd die moeite werd. Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more inform…
  continue reading
 
DOSSIER André Stander en sy bende was berugte en legendariese bankrowers. Van Oktober 1983 tot Februarie 1984 was Suid-Afrikaners verbyster deur André Stander, Patrick Lee McCall en Allan Heyl se waaghalsige bankrooftogte. Stander het reeds as 'n polisieman met sy misdaadloopbaan begin toe hy ʼn kaptein by Kemptonpark se polisiestasie was. Hy het aa…
  continue reading
 
Eensgesind is Francois Rossouw en Ben Bester se breinkind. In November 2017 is Emile Coetzee betrek en daardeur het ʼn nuwe onderneming begin wat vandag die 100ste episode op Eensgesind se klanklêerkanaal vrystel. Om hierdie merkwaardige mylpaal te vier, gesels die drie vermelde menere oor alles wat die laaste twee jaar gebeur het sodat die ideaal v…
  continue reading
 
DOSSIER Dit is nie net desperate mense wat misdade pleeg nie. Selfs die welgesteldes onder ons is tot moord in staat. Die 1970-saak, die Staat versus Ronald Cohen, bewys dit. Op 5 April 1970 was Ronald Cohen saam met sy vrou, Susan, in hul Constantia-huis se studeerkamer toe sy vermoor is. Alhoewel Cohen vir die polisie vertel het dat ‘n inbreker s…
  continue reading
 
DOSSIER Op 13 Januarie 1925, net na 17:00, het Petrus Hauptfleisch uit sy huis op die dorpie Richmond (Wes-Kaap) gehardloop op soek na hulp. Hy het sy ma bewusteloos in hul huis se kombuis gekry. In ʼn ommesientjie was die polisie by sy huis en al die bure het kom kyk waaroor die bohaai gaan. Hauptfleisch, ʼn veteraan van die Eerste Wêreldoorlog (191…
  continue reading
 
DOSSIER Dit was Dinsdag 3 Mei 1927 toe Stephanus Swart onverstandig en roekeloos opgetree het. Dit het gelei tot ʼn tragiese gebeurtenis in die distrik Charlestown in die noorde van Natal. Gewapen en verby die punt van redelike denke, het Swart op die polisie losgebrand. Sy slagoffers was nie net polisielede nie, maar ook onskuldige Charlestown-burg…
  continue reading
 
HELDE In Bloemfontein is ʼn voorstad genaamd Dan Pienaar. Bloemfontein is nie die enigste stad met ʼn voorstad wat na generaal-majoor Dan Pienaar genoem is nie. Wie was Dan Pienaar? En waarom was dit vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap van die 1940's belangrik om hom te herdenk deur nuwe ontwikkelde voorstede na hom te vernoem? Was hy ʼn held uit die T…
  continue reading
 
HELDE Carel Birkby se biografie oor luitenant-generaal George Brink, beter bekend as Uncle George, lewer 'n beknopte narratief oor die einste krygsman se lewe en loopbaan. By die Ditsong Nasionale Museum vir Krygsgeskiedenis, in Johannesburg, is daar ʼn uitstalruimte wat na generaal Brink vernoem is, 'n aanduiding dat hy eens op ʼn tyd ʼn belangrike p…
  continue reading
 
Die biografie van kolonel Koos van Heerden is tans nie alombekend nie. Hierdie episode van Eensgesind se reeks: Helde beoog om dit te verander. Kolonel Van Heerden het diens gedoen gedurende die Angolese Grensoorlog (1966-1989) en saam met Taakmag Zulu het hy ʼn gedugte krygsman geword. Dus, wat behels sy lewensverhaal? Hosted on Acast. See acast.co…
  continue reading
 
HELDE 10 Oktober was voorheen bekend as Heldedag. Maar het Suid-Afrika helde en heldinne? Uiteraard is dit belangrik om ʼn geëerde persoon se lewensverhaal te ken om te kan bepaal of die persoon ʼn held is of nie. Dit is die fokus van hierdie reeks deur Eensgesind, genaamd: Helde. Ter aanvang van die reeks word die eerste opgetekende geval nagegaan v…
  continue reading
 
GROND Met die stigting van die nuwe Boererepublieke moes spesifieke beleide, reëls en regulasies gevolg word vir die bekom en bestuur van eiendom. Een beleidsbepaling het dit vir voormalige Voortrekkerfamilies selfs moontlik gemaak om meer eiendom te bekom as families wat nie aan die Groot Trek deelgeneem het nie. Die resultaat daarvan was 'n klass…
  continue reading
 
GROND Hierdie episode van Grond handel oor die geskiedenis van grondbesit deur gemeenskappe wat hulle na 1820 noord van die Oranje- (Gariep) rivier gevestig het. Gedurende hierdie tydperk het die Groot Trek plaasgevind en sodoende het die reëls en regulasies verander ten opsigte van grondverkryging en die gebruik en besit daarvan. Dit was nie net d…
  continue reading
 
GROND In hierdie episode van Grond word kortliks gepraat oor die grondbesitstelsel in die Kaap de Goede Hoop van 1657 tot 1835. In 1657 het die Vryburgers die reg gekry om leenplase te bewerk. Die klein groepie Vryburgers het vermeerder en gevolglik was daar 'n groter aanvraag na meer plase. Wat het toe gebeur en wat was die gevolg tot en met die b…
  continue reading
 
GROND Eensgesind het 'n splinternuwe reeks geskep wat die geskiedenis van grondbesit in Suid-Afrika onder die vergrootglas plaas. Eerstens is dit belangrik om te bepaal hoe grondbesit as sodanig in Suid-Afrika begin het en hoe dit aanleiding gegee het tot eiendomsbesit in die moderne tydperk waarin ons tans in leef. Luister gerus saam na hierdie in…
  continue reading
 
Eggenotes In hierdie episode word die lewe van dr DF Malan se eggenote, Maria Malan (née Louw), behandel. Beide was betrokke by die uitbou van die Nasionale Party in Kaapland. Dr Malan, as NP- leier in die vermelde provinsie, het Maria gereeld by funksies ontmoet. Wat het gebeur toe sy in 1948 die premiersvrou word? Luister gerus saam na hierdie ep…
  continue reading
 
Loading …

Hurtigreferanseguide

Copyright 2024 | Sitemap | Personvern | Vilkår for bruk | | opphavsrett