Innhold levert av RSG. Alt podcastinnhold, inkludert episoder, grafikk og podcastbeskrivelser, lastes opp og leveres direkte av RSG eller deres podcastplattformpartner. Hvis du tror at noen bruker det opphavsrettsbeskyttede verket ditt uten din tillatelse, kan du følge prosessen skissert her https://no.player.fm/legal.
Player FM - Podcast-app Gå frakoblet med Player FM -appen!
Alex (@alex_kamenca) and Carley (@carleymitus) are both members of our Action Academy Community that purchased TWO small businesses last thursday! Want To Quit Your Job In The Next 6-18 Months Through Buying Commercial Real Estate & Small Businesses? 👔🏝️ Schedule A Free 15 Minute Coaching Call With Our Team Here To Get "Unstuck" Want to know which investment strategy is best for you? Take our Free Asset-Selection Quiz Check Out Our Bestselling Book : From Passive To Passionate : How To Quit Your Job - Grow Your Wealth - And Turn Your Passions Into Profits Want A Free $100k+ Side Hustle Guide ? Follow Me As I Travel & Build: IG @brianluebben ActionAcademy.com…
Innhold levert av RSG. Alt podcastinnhold, inkludert episoder, grafikk og podcastbeskrivelser, lastes opp og leveres direkte av RSG eller deres podcastplattformpartner. Hvis du tror at noen bruker det opphavsrettsbeskyttede verket ditt uten din tillatelse, kan du følge prosessen skissert her https://no.player.fm/legal.
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Innhold levert av RSG. Alt podcastinnhold, inkludert episoder, grafikk og podcastbeskrivelser, lastes opp og leveres direkte av RSG eller deres podcastplattformpartner. Hvis du tror at noen bruker det opphavsrettsbeskyttede verket ditt uten din tillatelse, kan du følge prosessen skissert her https://no.player.fm/legal.
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
'n Tou-trekkery oor wie erkenning moet kry vir die afskaffing van die BTW-verhoging...ons praat met politieke partye en 'n ekonoom en president Ramaphosa bevestig 'n telefoniese gesprek met president Donald Trump - ons praat met 'n politieke ontleder.
Uitspraak is voorbehou in die DA en EFF se aansoek, om die aanvaarding van die fiskale raamwerk as ongeldig en onwettig, te verklaar. Die Noord-Kaapse ANC behou sy leierskap. Egipte en Katar sit 'n nuwe ooreenkoms op die tafel, om die oorlog in die Gasa-strook te beëindig. Die F.W. De Klerk stigting stel alternatiewe voor vir raskwotas in die werkplek.…
Senior DA-leiers sal vandag se hofaksie teen die voorgenome styging in BTW bywoon. Huldeblyke vir die ontslape Pous stroom van oraloor in en die tema van Aardedag - dit is nou vandag - is "ons planeet, ons krag", en fokus op klimaataksie en hernubare energie.
Die regering veroordeel Floyd Shivambu se besoek aan die kerk van Shepherd Bushiri. Politieke partye gaan vandeesweek nog gesprekke voer oor die BTW-verhoging. NEASA en die Sakeliga wil hof toe gaan oor die Wysigingswet op Diensbillikheid.
Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, hou samesprekings in Moskou. Navorsing wys ouers is bekommerd wanneer hulle kinders skool toe gaan, en ons praat oor China se 'geheime wapen' in die handelsoorlog met Amerika.
Wat wag op Mcebisi Jonas, ons nuut-aangestelde gesant na die VSA - en presies wat gaan sy rol wees? Kenners sê daar moet meer gefokusde mentorskap-programme in skole ingestel word, om ons onderwysers voor te berei en, hoe moet die media berig oor spazawinkel-produkte, sonder om paniek te saai?
Die ANC beskryf 'n gesprek met die Vryheidsfront Plus oor die fiskale raamwerk en die Regering van Nasionale Eeenheid as 'hartlik'. Die Senzo Meyiwa moordsaak hervat vandag in die hooggeregshof in Pretoria en 'n opname van Debt Rescue SA vind dat 'n verhoging in BTW verbruikers kan knou.
'n Besoek aan Israel deur twee politieke partye veroorsaak onmin in die regering van nasionale eenheid. Verskeie parlementêre komitees is bekommerd oor die besnoeiing van die weermag se begroting. Slagoffers van misdaad in die Wes Kaap. word die waarborg gegee dat hulle verklarings by die polisie in Afrikaans kan aflê.…
Die Amerikaanse President, Donald Trump, skort handelstariewe vir 90 dae op, behalwe vir China. AfriForum versoek die nasionale polisiekommissaris om plaasaanvalle as 'n prioriteitsmisdaad te klassifiseer. Die hervorming van die kiesstelsel is in die kollig.
Die Regering van Nasionale Eenheid sal heroorweeg word, of soos die sekretaris-generaal van die ANC sê, "reset". Ons praat met die kleiner vennote in die RNE om uit te vind wat hulle daarmee verstaan. Die Vaaldam word voller, en staan nou op meer as 'n 112%. Die kommisaris van polisie, Fannie Masemola, glo hulle is op pad om misdaad hok te slaan. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het 'n heffing van 104% ingestel op goedere wat van China af ingevoer word. Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, vra TikTok om Suid-Afrikaanse inhoudskeppers finansieel te vergoed.…
Die IVP bly verbind tot die regering van nasionale eenheid. Action Society glo die voorgestelde vuurwapenregulasies vir die private veiligheidsbedryf kan misdaadbestryding pootjie. Die staatshoofde van Amerika en Israel vergader oor die konflik in Gasa, en invoertariewe. Intussen tuimel die markte verder weens die invoerheffings.…
'n Vloedwaarskuwing vir inwoners langs die Vaalrivier. Beskuldigings van wydlopende wanbestuur en korrupsie met suurstofaanleg-tenders. Rwanda vaar goed, 31 jaar ná die volksmoord in daardie land. Aandelemarkte in Asië daal skerp. Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê die party is steeds tot die Regering van Nasionale Eenheid verbind.…
Die DA en ANC heroorweeg hulle deelname aan die Regering van Nasionale Eenheid. Die vryspreking van die evangelis Timothy Omotoso ontlok wye kritiek. 'n Twis ontwikkel in die Boland, wat klubrugby se grense kan herskryf. Finansiële markte daal skerp in reaksie op president Donald Trump se nuwe heffings op ingevoerde goedere.…
Reaksie op die aanvaarding van ons begroting. Suid-Afrika word swaar getref deur die jongste tariewe wat die VSA ingestel het. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging bring 'n hofaansoek teen die Nasionale Gesondheidsversekering. Ons fokus op die pad vorentoe om puttoilette by openbare skole te vervang.…
Action SA en die IVP steun die ANC oor die nasionale begroting, maar regstappe dreig. Ons praat met lede van 'n hoëprofiel groep Suid-Afrikaanse sakelui en arbeidsleiers wat besoek in Amerika afgelê het. Wat is mense met outisme se uitdagings?
NSFAS se wanbetaling aan private verblyfverskaffers is weer in die kollig. ‘n Waterbestuurspesialis sê die sogenaamde watermafia knou ook die landbousektor. Twee nuwe staatsveiligheidsentiteite word in die lewe geroep. Die Afrika-kommandowurmplaag versprei na nog provinsies.
Het laatmiddag samesprekings ons nasionale begroting gered? Ons praat met een van die twee groot parte in die RNE. Puttoilette onder die kollig in KwaZulu-Natal. Sprake dat die VSA militêre ondersteuning en samewerking met die Suid-Afrikaanse weermag opskort.
Die DA juig oor die oorstap van ‘n opposisieleier na die party, maar die ANC sê hy het dalk hulle kandidatelys gemanipuleer. Hoe raak Donald Trump se nuwe heffing van 25% op motors Suid-Afrika se uitvoere na Amerika? Parlementêre komitees is bekommerd oor toestande by staatsinstellings.
Die moontlike likwidasie van Ithala Bank is onder die vergrootglas in die parlement. Die regterpresident van Gauteng stel verpligte bemiddeling voor om ‘n groot agterstand met siviele sake in te haal. Die Johanneburgse burgemeester ontken daar is 'n tekort aan water. Meer paartjies skei, terwyl minder mense trou.…
Wie is die aangewese Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika? Die Departement van Water en Sanitasie sê die land beleef 'n waterkrisis. Hewige teenkanting in die parlement teen die BTW-verhoging.
Die politieke party, Build One South Africa, wil hê waterrantsoenering moet ongrondwetlik verklaar word. Onderhandelinge gaan voort om 'n ooreenkoms vir 'n moontlike skietstilstand in Oekraïne te bereik. Shamila Batohi se termyn as hoof van die NVG is in die kollig. Die musieklegende, Jonathan Butler, ontvang 'n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch.…
Die uitgeskopte ambassadeur, Ebrahim Rasool, sê hy is nie spyt oor dit wat hy oor die VSA kwytgeraak het nie. Meer as 'n halfmiljoen migrante moet die VSA binne 'n maand verlaat. Op Wêreld Tuberkulosedag praat ons oor Suid-Afrika se uitdagings met dié siekte. Suid-Afrika se 800-meter ster, Prudence Sekgodiso, maak geskiedenis.…
Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee besluit om rentekoerse onveranderd te laat. Meer as 30 gevalle van a-pokke is reeds in Gauteng aangeteken. 'n Waarskuwing aan rolspelers in die landbousektor oor disinformasie-veldtogte op sosiale media.
Klimaatsverandering bereik nuwe hoogtes in 2024, met sommige gevolge onomkeerbaar. Is 'n rentekoersverlaging vandag moontlik? Vandag is die laaste kans om van 'n SASSA goue kaart na die swart kaart oor te slaan.
Peperduur krag is verbruikers se voorland. 'n Regsmening oor die verbod op die vervaardiging en verkoop van voedingsmiddels wat dagga bevat. Rusland onderneem om sy aanvalle op kraginfrastruktuur in Oekraïne te staak.
Wie moet SA se nuwe ambassadeur na Amerika wees, en wat is volgende vir SA-VSA verhoudinge? Onderwysers in die Vrystaat kan hulle mediese fonds verloor. Kommer oor die stand van menseregte in die land.
Die minister van internasionale betrekkinge betreur Amerika se besluit om Ebrahim Rasool uit te skop. Politieke partye vra vir dialoog tussen Suid-Afrika en die VSA om betrekkinge te herstel. Die toenemende agterstand in DNS-toetse by die polisie se forensiese laboratoriums wek kommer. ‘n Moontlike daling in die brandstofprys wag op motoriste.…
Velkommen til Player FM!
Player FM scanner netter for høykvalitets podcaster som du kan nyte nå. Det er den beste podcastappen og fungerer på Android, iPhone og internett. Registrer deg for å synkronisere abonnement på flere enheter.
Bli med på verdens beste podcastapp for å håndtere dine favorittserier online og spill dem av offline på vår Android og iOS-apper. Det er gratis og enkelt!